Dagsê almal
Leipoldtville gemeente het 2025 n pad gestap saam met twee van ons lidmate Boeta en Beatie Strauss.
Boeta se een nier het verswak totdat hy net 15 persent nierfunksie oorgehad het .
Sy soektog na n geskikte nieroorplanting het by die dag meer dringend geword. Dialise was die volgende stap.
Groot was ons en hul vreugde toe sy eie vrou getoets word as skenker en die toets slaag.
As gemeente was ons op ons knieë saam met hulle. Beatie se nier sou verwyder en as sy wakker is na narkose en Boeta met haar kon praat was dit sy beurt.
Tuis het hul twee jong kinders saam met ouma gewag. Ons het hulle die hande opgelê as gemeente en weggestuur met die seën van die Here .
Die operasie was n sukses Boeta en Beatie se nier funksies is bokant 80 persent .
Sondag 22 Februarie het hul vriende uit die Kaap kom kuier, Joepie en Janine van der Merwe. Joepie het ook vir sy vrou n nier geskenk.
Een van ons ouer lidmate en ouderling Anita Lalor het haar nier ook geskenk vir haar dogter toe sy jonger was .
Ons het gedink ons deel met julle die wonderlike oomblik van God se genade toe almal op die foto Sondag 22 Februarie in die erediens was .
Gideon Basson
NG gemeente
Leipoldtville
Foto v.l.n.r
Anita, Boeta en Beatie, Joepie en Janine

