๐๐ฟ๐ฒ๐ฑ๐ถ๐ฒ๐ป๐ โ ๐ฎ๐ต ๐ ๐ฎ๐ฎ๐ฟ๐ ๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฒ
๐๐ฆ๐ญ๐ฆ๐ช ๐ฅ๐ฆ๐ถ๐ณ ๐๐ด. ๐๐ช๐ฅ๐ฆ๐ฐ๐ฏ ๐๐ข๐ด๐ด๐ฐ๐ฏ
1 Nadat hulle Elim verlaat het, het die hele volk Israel in die Sinwoestyn aangekom wat tussen Elim en Sinai lรช. Dit was op die vyftiende van die tweede maand nadat hulle uit Egipte getrek het.ย 2 In die woestyn het die hele volk hulle teenoor Moses en Aรคron begin versetย 3 en gesรช: โAs ons maar liewer in Egipte omgekom het deur die hand van die Here terwyl ons by die vleispotte kon sit en oorgenoeg kos kon hรช om te eet! Nou het julle ons laat wegtrek tot in hierdie woestyn om die hele volk van honger te laat omkom.โ
4 Toe het die Here vir Moses gesรช: โLet nou mooi op. Ek sal elke keer vir julle kos uit die hemel laat reรซn. Dan moet die volk elke dag gaan en diรฉ dag se voorraad optel. So sal Ek toets of hulle my opdrag wil nakom of nie.ย 5 As hulle op die sesde dag voorberei wat hulle ingebring het, moet dit dubbel soveel wees as wat hulle elke dag optel.โ
6 Toe sรช Moses en Aรคron vir al die Israeliete: โVanaand sal julle besef dat dit die Here is wat julle uit Egipte bevry het,ย 7 en mรดreoggend sal julle sien hoe magtig die Here is. Hy het gehoor dat julle julle teen Hรณm verset. Dat julle julle teen รณns verset, is niks nie.โ
8 Verder het Moses gesรช: โAs die Here vanaand vir julle vleis gee en mรดreoggend oorgenoeg kos om te eet, sal julle besef Hy het julle verset teen Hom opgemerk. Dit was nie teen ons nie, maar teen die Here dat julle julle verset het.โ
9 Moses het toe vir Aรคron gesรช: โBeveel die hele gemeente van Israel om voor die Here te kom staan, want Hy het hulle verset opgemerk.โ
10 Nadat Aรคron dit vir hulle gesรช het, kyk die Israeliete na die woestyn se kant toe om, en toe word die magtige teenwoordigheid van die Here sigbaar in die wolk.
11 Die Here sรช toe vir Moses:ย 12 โEk het die verset van die Israeliete opgemerk. Sรช vir hulle: Teen skemeraand sal julle vleis eet en teen mรดreoggend sal julle oorgenoeg kos hรช sodat julle kan besef dat Ek die Here julle God is.โ
13 Teen die aand se kant het daar kwartels aangevlieg gekom en hulle het die hele kamp vol gesit.
Die volgende oggend was daar ‘n wolk rondom die kamp,ย 14 en toe die wolk wegtrek, was die woestyn oortrek met fyn vlokkies soos ryp.ย 15 Toe die Israeliete dit sien, sรช hulle vir mekaar: โWat is dit diรฉ?โ want hulle het nie geweet wat dit is nie. Toe sรช Moses vir hulle: โDit is die brood wat die Here vir julle gee om te eet.ย 16 Die Here het beveel: Gaan maak dit bymekaar volgens elke gesin se behoefte, twee liter per kop. Elkeen moet vat volgens die getal mense in sy tent.โ
17 Die Israeliete het dit toe gaan optel, die een baie en die ander ‘n bietjie, 18 en toe hulle dit met ‘n maatemmer afmeet, het diรฉ met baie nie te veel nie, en diรฉ met ‘n bietjie nie te min gehad nie. Hulle het volgens elkeen se behoefte bymekaargemaak.
19 Moses het toe vir hulle gesรช: โNiemand mag iets daarvan laat oorskiet tot mรดreoggend nie.โ
20 Maar hulle het nie vir Moses geluister nie. Party het daarvan tot die volgende oggend laat oorstaan, maar daar het miet in gekom en dit het gestink. Moses was woedend oor wat hulle gedoen het.
๐๐ฌ๐ด๐ฐ๐ฅ๐ถ๐ด 16:1-16 & 17-20


