๐๐ฟ๐ฒ๐ฑ๐ถ๐ฒ๐ป๐ โ ๐ฑ ๐๐ฝ๐ฟ๐ถ๐น ๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฒ
๐๐ฆ๐ญ๐ฆ๐ช ๐ฅ๐ฆ๐ถ๐ณ ๐๐ด. ๐๐ฅ๐ณ๐ช๐ข๐ข๐ฏ ๐๐ข๐ข๐ด๐ฃ๐ณ๐ฐ๐ฆ๐ฌ
Die Here Lewe
1 Die Sondagmรดre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. 2 Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sรช vir hulle: โHulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.โ
3 Petrus en die ander dissipel het toe uitgekom en na die graf toe gegaan. 4 Die twee het saam begin hardloop, maar die ander dissipel het vinniger as Petrus gehardloop en eerste by die graf gekom. 5 Toe hy vooroor buk, sien hy die doeke lรช, maar hy het nie ingegaan nie. 6 Nรก hom het Simon Petrus ook daar aangekom, en hy het in die graf ingegaan. Hy sien toe die doeke daar lรช, 7 ook die doek wat om Jesus se kop was. Diรฉ doek het nie by die ander doeke gelรช nie, maar was eenkant afsonderlik opgerol. 8 Daarna het die ander dissipel, wat eerste by die graf gekom het, ook ingegaan, en hy het dit ook gesien en geglo.
9 Hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Jesus uit die dood moet opstaan nie.
10 Daarna het die dissipels weer huis toe gegaan.
Jesus verskyn aan Maria Magdalena
11 Maar Maria het buite by die graf bly staan en huil. Terwyl sy huil, het sy vooroor gebuk om in die graf in te kyk. 12 Toe sien sy twee engele met wit klere aan daar sit waar die liggaam van Jesus gelรช het, een waar die kop en een waar die voete was. 13 Hulle vra toe vir haar: โMevrou, waarom huil jy?โ
Sy antwoord hulle: โOmdat hulle my Here weggevat het en ek nie weet waar hulle Hom nou begrawe het nie.โ
14 Nadat sy dit gesรช het, het sy omgedraai en vir Jesus daar sien staan, maar sy het nie geweet dat dit Hy is nie. 15 Jesus vra haar toe: โMevrou, waarom huil jy? Vir wie soek jy?โ
Sy het gedink dit is die tuinopsigter, en sy het vir hom gesรช: โMeneer, as u Hom weggevat het, sรช vir my waar u Hom begrawe het, en ek sal Hom daar gaan haal.โ
16 Jesus het vir haar gesรช: โMaria!โ
Sy draai na Hom toe en sรช in Hebreeus vir Hom: โRabboeni!โ Dit beteken leermeester.
17 Jesus sรช toe vir haar: โMoet My nie vashou nie, want Ek het nog nie na die Vader toe opgevaar nie. Maar gaan na my broers toe en sรช vir hulle: โEk vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God, wat ook julle God is.โ โ
18 Maria Magdalena het toe vir die dissipels gaan sรช: โEk het die Here gesien!โ En sy het ook vertel wat Hy vir haar gesรช het.
๐๐ฐ๐ฉ๐ข๐ฏ๐ฏ๐ฆ๐ด 20:1-18

