whatsapp image 2026 04 22 at 10.21.15

Erediens – 26 April 2026

๐—˜๐—ฟ๐—ฒ๐—ฑ๐—ถ๐—ฒ๐—ป๐˜€ โ€“ ๐Ÿฎ๐Ÿฒ ๐—”๐—ฝ๐—ฟ๐—ถ๐—น ๐Ÿฎ๐Ÿฌ๐Ÿฎ๐Ÿฒ
๐˜Ž๐˜ฆ๐˜ญ๐˜ฆ๐˜ช ๐˜ฅ๐˜ฆ๐˜ถ๐˜ณ ๐˜‹๐˜ด. ๐˜Ž๐˜ช๐˜ฅ๐˜ฆ๐˜ฐ๐˜ฏ ๐˜‰๐˜ข๐˜ด๐˜ด๐˜ฐ๐˜ฏ

Op pad na die toekoms: Deel 7

Presies drie maande na hulle uittog uit Egipte het die Israeliete in die Sinaiwoestyn aangekom. Nadat hulle van Refidim af vertrek het, het hulle kamp opgeslaan in die Sinaiwoestyn, regoor die berg. Moses het teen die berg uitgeklim na God toe, en die Here het van die berg af na hom geroep: โ€œSo moet jy vir die nageslag van Jakob sรช, vir die Israeliete vertel: โ€œ โ€˜Julle het gesien wat Ek aan Egipte gedoen het, en hoe Ek julle soos op arendsvlerke veilig gedra en na My toe gebring het.

As julle My gehoorsaam en julle aan my verbond hou, sal julle uit al die volke my eiendom wees, ‘n koninkryk wat My as priesters dien, en ‘n gewyde nasie. Die hele aarde behoort immers aan My.โ€™ Dit is wat jy aan die Israeliete moet vertel.โ€ Moses het toe afgeklim en die leiers van die volk bymekaargeroep en vir hulle alles vertel wat die Here hom beveel het. Daarna het die volk soos een man geantwoord: โ€œAlles wat die Here gesรช het, sal ons doen.โ€ Moses het vir die Here gaan sรช wat die volk geantwoord het.
๐˜Œ๐˜ฌ๐˜ด๐˜ฐ๐˜ฅ๐˜ถ๐˜ด 19:1-8

Toe het God al hierdie gebooie aangekondig: โ€œEk is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. Jy mag naas My geen ander gode hรช nie. โ€œJy mag nie vir jou ‘n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van diรฉ wat My haat, maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van diรฉ wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam. โ€œJy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie. โ€œSorg dat jy die sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God.

Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie. Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig. โ€œEer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee. โ€œJy mag nie moord pleeg nie. โ€œJy mag nie egbreuk pleeg nie. โ€œJy mag nie steel nie. โ€œJy mag nie vals getuienis teen ‘n ander gee nie. โ€œJy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ‘n slaaf of slavin, ‘n bees of ‘n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.โ€
๐˜Œ๐˜ฌ๐˜ด๐˜ฐ๐˜ฅ๐˜ถ๐˜ด 20:1-17