๐๐ฟ๐ฒ๐ฑ๐ถ๐ฒ๐ป๐ โ ๐ญ๐ฑ ๐๐ฒ๐ฏ๐ฟ๐๐ฎ๐ฟ๐ถ๐ฒ ๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฒ
๐๐ฆ๐ญ๐ฆ๐ช ๐ฅ๐ฆ๐ถ๐ณ ๐๐ด. ๐๐ช๐ฅ๐ฆ๐ฐ๐ฏ ๐๐ข๐ด๐ด๐ฐ๐ฏ
Nagmaal
Daarna het hulle na Jerusalem toe teruggegaan van die berg af. Dit is die Olyfberg, vlak by die stad, โn sabbatsreis ver. In die stad aangekom, is hulle na die bovertrek toe waar hulle gewoonlik vertoef het. Dit was Petrus en Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus seun van Alfeus, Simon die Seloot en Judas seun van Jakobus. Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed saam met โn aantal vroue, onder wie ook Maria die moeder van Jesus. Sy broers was ook by.
๐๐ข๐ฏ๐ฅ. 1:12-14
En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede. En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het. En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.
๐๐ข๐ฏ๐ฅ. 2:42-47

