๐๐ฟ๐ฒ๐ฑ๐ถ๐ฒ๐ป๐ โ ๐ฎ๐ฒ ๐๐ฝ๐ฟ๐ถ๐น ๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฒ
๐๐ฆ๐ญ๐ฆ๐ช ๐ฅ๐ฆ๐ถ๐ณ ๐๐ด. ๐๐ช๐ฅ๐ฆ๐ฐ๐ฏ ๐๐ข๐ด๐ด๐ฐ๐ฏ
Op pad na die toekoms: Deel 7
Presies drie maande na hulle uittog uit Egipte het die Israeliete in die Sinaiwoestyn aangekom. Nadat hulle van Refidim af vertrek het, het hulle kamp opgeslaan in die Sinaiwoestyn, regoor die berg. Moses het teen die berg uitgeklim na God toe, en die Here het van die berg af na hom geroep: โSo moet jy vir die nageslag van Jakob sรช, vir die Israeliete vertel: โ โJulle het gesien wat Ek aan Egipte gedoen het, en hoe Ek julle soos op arendsvlerke veilig gedra en na My toe gebring het.
As julle My gehoorsaam en julle aan my verbond hou, sal julle uit al die volke my eiendom wees, ‘n koninkryk wat My as priesters dien, en ‘n gewyde nasie. Die hele aarde behoort immers aan My.โ Dit is wat jy aan die Israeliete moet vertel.โ Moses het toe afgeklim en die leiers van die volk bymekaargeroep en vir hulle alles vertel wat die Here hom beveel het. Daarna het die volk soos een man geantwoord: โAlles wat die Here gesรช het, sal ons doen.โ Moses het vir die Here gaan sรช wat die volk geantwoord het.
๐๐ฌ๐ด๐ฐ๐ฅ๐ถ๐ด 19:1-8
Toe het God al hierdie gebooie aangekondig: โEk is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. Jy mag naas My geen ander gode hรช nie. โJy mag nie vir jou ‘n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van diรฉ wat My haat, maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van diรฉ wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam. โJy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie. โSorg dat jy die sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God.
Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie. Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig. โEer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee. โJy mag nie moord pleeg nie. โJy mag nie egbreuk pleeg nie. โJy mag nie steel nie. โJy mag nie vals getuienis teen ‘n ander gee nie. โJy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ‘n slaaf of slavin, ‘n bees of ‘n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.โ
๐๐ฌ๐ด๐ฐ๐ฅ๐ถ๐ด 20:1-17

