Volwassenes + Hoërskool Leerders

R200,00

Kom geniet ’n onvergeetlike langnaweek-kuier in die hart van die Sandveld tussen die blomme by die Leipoldtville Kuierfees op die kerkgronde!

Die fees skop af om 13:30 met ’n indrukwekkende optog van veteraanvoertuie, gevolg deur ’n dag en aand vol vermaak, musiek en lekker geselligheid. Die basaar open om 14:30 en bied ’n verskeidenheid kosstalletjies en unieke items om te koop.

Geniet topvermaak deur die dag met optredes deur Kaapland Boereorkes, Staccatos, Johan van der Merwe, Nadia Louw, Louis Liebenberg en die energieke Snotkop wat die aand afsluit.

Daar is ook ’n opwindende opveil om 16:45 – moenie dit misloop nie!

Availability: 689 in stock

KUIERFEES 2026 – LEIPOLDTVILLE

Nuttige inligting:

  • Verskeie kosstalletjies beskikbaar
  • Stalletjies met ’n wye verskeidenheid produkte
  • 24 uur sekuriteit vir jou gemoedsrus
  • Kroeg op die perseel (geen eie drank nodig nie)
  • Koelgeriewe beskikbaar vir bederfbare items
  • Kaartfasiliteite by stalletjies – geen kontant nodig

Bring jou familie en vriende saam en kom ervaar ’n egte plattelandse kuier vol musiek, pret en goeie geselskap!

TERME EN VOORWAARDES – KUIERFEES 2026

  • Toegang tot die fees is op eie risiko.
  • Die organiseerders aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige beserings, verliese of skade nie.
  • Geen eie alkoholiese drank word op die perseel toegelaat nie.
  • ’n Kroeg is op die perseel beskikbaar.
  • Die fees is kontantloos – slegs kaart- en elektroniese betalings word aanvaar.
  • Alle kinders moet onder toesig van ’n volwassene wees.
  • Geen onwettige items of gevaarlike voorwerpe sal toegelaat word nie.
  • Die organiseerders behou die reg voor om toegang te weier.
  • Geen terugbetalings op kaartjies nie.
  • Deur die fees by te woon, gee u toestemming dat foto’s en video’s van u geneem en vir bemarkingsdoeleindes gebruik mag word.
  • Parkering is op eie risiko.
  • Volg asseblief alle veiligheids- en sekuriteitsinstruksies op die dag.
Shopping Basket