๐๐ฟ๐ฒ๐ฑ๐ถ๐ฒ๐ป๐ โ ๐ฎ๐ฎ ๐๐ฒ๐ฏ๐ฟ๐๐ฎ๐ฟ๐ถ๐ฒ ๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฒ
๐๐ฆ๐ญ๐ฆ๐ช ๐ฅ๐ฆ๐ถ๐ณ ๐๐ด. ๐๐ช๐ฅ๐ฆ๐ฐ๐ฏ ๐๐ข๐ด๐ด๐ฐ๐ฏ
Toe Moses al ‘n volwasse man was, het hy op ‘n keer na sy eie mense toe gegaan en gesien dat hulle dwangarbeid verrig. Hy sien toe hoe een van sy eie mense, ‘n Hebreรซr, deur ‘n Egiptenaar geslaan word. Nadat Moses rondgekyk het en niemand gewaar het nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom onder sand toegekrap. Die volgende dag gaan hy weer, en tot sy verbasing was daar twee Hebreeuse manne aan die baklei. โWaarom slaan jy aan jou broer?โ vra hy vir die een wat die rusie begin het. โWie het jou aangestel as baas en regter oor ons?โ vra die ander. โWil jy my miskien ook doodslaan, soos jy die Egiptenaar doodgeslaan het?โ Toe skrik Moses en hy dink: die ding het bekend geword. Toe dit by die farao uitkom, wou hy vir Moses laat doodmaak, maar Moses het van hom af weggevlug en in Midian gaan woon. Terwyl hy daar by ‘n put sit, het die sewe dogters van ‘n priester van Midian kom water skep om die drinkbakke vol te maak en hulle pa se kleinvee te laat suip. Toe daar veewagters aankom en die dogters wegjaag, het Moses opgestaan en hulle gehelp en hulle kleinvee laat suip. Met hulle aankoms by hulle pa Reรผel het hy gevra: โHoe het julle dan vandag so gou gekom?โ en hulle antwoord: โDaar was ‘n Egiptenaar, en hy het ons gehelp teen die veewagters. Boonop het hy vir ons water geskep en die kleinvee laat suip.โ Toe vra die priester vir sy dogters: โWaar is hy? Waarom het julle die man daar laat staan? Gaan nooi hom huis toe om by ons te kom eet.โ Moses het ingewillig om by Reรผel te kom woon, en is later met sy dogter Sippora getroud. Toe sy ‘n seuntjie kry, het Moses hom Gersom genoem, โwant,โ het hy gesรช, โek woon as vreemdeling in ‘n vreemde land.โ
๐ธ๐ฌ๐ ๐ฐ๐๐ถ๐ 2:11-22

