whatsapp image 2026 02 26 at 10.36.58

Erediens – 1 Maart 2026

๐—˜๐—ฟ๐—ฒ๐—ฑ๐—ถ๐—ฒ๐—ป๐˜€ โ€“ ๐Ÿญ ๐— ๐—ฎ๐—ฎ๐—ฟ๐˜ ๐Ÿฎ๐Ÿฌ๐Ÿฎ๐Ÿฒ
๐˜Ž๐˜ฆ๐˜ญ๐˜ฆ๐˜ช ๐˜ฅ๐˜ฆ๐˜ถ๐˜ณ ๐˜‹๐˜ด. ๐˜Ž๐˜ช๐˜ฅ๐˜ฆ๐˜ฐ๐˜ฏ ๐˜‰๐˜ข๐˜ด๐˜ด๐˜ฐ๐˜ฏ

Moses het die kleinvee van sy skoonpa Jetro, ‘n priester van Midian, opgepas. Hy het die kleinvee diep die woestyn in gejaag totdat hy by Horeb, die berg van God, gekom het. Toe verskyn die Engel van die Here aan hom in ‘n vlam binne-in ‘n doringbos. Terwyl hy kyk, sien hy dat die doringbos aanhou brand, maar nie uitbrand nie. En Moses sรช vir homself: โ€œEk wil tog ‘n bietjie nader gaan om hierdie wonderlike verskynsel te bekyk. Waarom brand die doringbos dan nie uit nie?โ€ Toe die Here sien dat hy nader kom om te kyk, roep God na hom uit die doringbos: โ€œMoses! Moses!โ€ En hy antwoord: โ€œHier is ek.โ€ Die Here sรช toe vir hom: โ€œMoenie nรณg nader kom nie. Trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan, is gewyde grond.โ€ Verder sรช Hy: โ€œEk is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.โ€ Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk. Daarna sรช die Here: โ€œEk het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete oor die slawedrywers gehoor. Ek het hulle lyding ter harte geneem. Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat trek na ‘n goeie en uitgestrekte land, ‘n land wat oorloop van melk en heuning. Dit is die land van die Kanaรคniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Die noodkrete van die Israeliete het My bereik, en Ek het ook aanskou hoe Egipte hulle verdruk. Daarom stuur Ek jou na die farao toe sodat jy my volk, die Israeliete, uit Egipte kan bevry.โ€ Toe sรช Moses vir God: โ€œWie is รฉk dat ek dit by die farao sou waag en dat รฉk die Israeliete uit Egipte sou bevry?โ€ God het Moses geantwoord: โ€œEk sal by jou wees en die bewys dat Ek jou gestuur het, sal dรญt wees: wanneer jy die volk uit Egipte bevry het, sal julle My by hierdie berg aanbid.โ€ Daarna sรช Moses vir God: โ€œSรช nou maar ek kom by die Israeliete en ek sรช vir hulle: โ€˜Die God van julle voorvaders het my na julle toe gestuur,โ€™ en hulle vra vir my: โ€˜Wat is sy Naam?โ€™ wat moet ek dan vir hulle sรช?โ€ Toe sรช God vir Moses: โ€œEk is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sรช: โ€˜Ek isโ€™ het my na julle toe gestuur.โ€ Verder sรช God vir Moses: โ€œJy moet ook nog vir die Israeliete sรช: โ€˜Die Here die God van julle voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, het my na julle toe gestuur.โ€™ Dit is ewig my Naam, dit is die Naam waarmee Ek aangeroep moet word van geslag tot geslag.
๐ธ๐˜ฌ๐‘ ๐˜ฐ๐‘‘๐˜ถ๐‘  3:1-15