untitled design (2)

🌍 Om die wêreld! ✈️

As die oorlog ons inperk en die brandstof pryse ons tuis hou dan bring ons die wêreld na Leipoldtville.

Saterdag het ons saam met Spanje, Amerika, Japan en Griekeland gekuier. En was dit nou vir jou n lekker spul mense om mee saam te kuier. Ons het selfs in suiwer Afrikaans gepraat en gekuier.

Ons was uitbundig plesierig en kon van elke land se kosse eet.

Die manne van die lande (sien die foto’s) was maar passief soos ons eie, maar die vroue was uitgevat en mooi toegedraai in lap.

Die kos was n wenner. Amerika het weens die oorlog te min patties gehad maar die wat wel kon kry sê dit was to die for.

Ons gaan binnekort weer kontak maak met ons buitelandse vrinne. Julle moet dit nie misloop nie want dit is n lekker affêre.

Ons gesels oor alles behalwe droogte, politiek, oorlog of ouderdom. Ons kuier net want ons mis mekaar in hierdie gejaagde wêreld .

Foto’s kan nie lieg nie kyk maar self.