๐๐ฟ๐ฒ๐ฑ๐ถ๐ฒ๐ป๐ – ๐ญ ๐๐ฒ๐ฏ๐ฟ๐๐ฎ๐ฟ๐ถ๐ฒ ๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฒ
๐๐ฆ๐ญ๐ฆ๐ช ๐ฅ๐ฆ๐ถ๐ณ ๐๐ด. ๐๐ช๐ฅ๐ฆ๐ฐ๐ฏ ๐๐ข๐ด๐ด๐ฐ๐ฏ
โจ Kyk op!
EN Petrus en Johannes het saam na die tempel opgegaan op die uur van die gebed, die negende uur. En daar is ‘n sekere man aangedra wat van sy geboorte af kreupel was; hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort wat die Skone genoem word, om ‘n aalmoes te vra van die wat in die tempel ingaan. Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om ‘n aalmoes gevra. En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesรช: Kyk na ons. En hy het sy oรซ op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang. Maar Petrus sรช: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasarรฉner, staan op en loop! Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword. En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys. En die hele volk het gesien hoe hy daar loop en God prys.
๐๐ข๐ฏ๐ฅ. 3:1-9

