whatsapp image 2026 02 04 at 16.06.35

Erediens – 8 Februarie 2026

𝗘𝗿𝗲𝗱𝗶𝗲𝗻𝘀 – 𝟴 𝗙𝗲𝗯𝗿𝘂𝗮𝗿𝗶𝗲 𝟮𝟬𝟮𝟲
𝘎𝘦𝘭𝘦𝘪 𝘥𝘦𝘶𝘳 𝘋𝘴. 𝘎𝘪𝘥𝘦𝘰𝘯 𝘉𝘢𝘴𝘴𝘰𝘯

✨ Nagmaal

Daarna het hulle na Jerusalem toe teruggegaan van die berg af. Dit is die Olyfberg, vlak by die stad, ‘n sabbatsreis ver. In die stad aangekom, is hulle na die bovertrek toe waar hulle gewoonlik vertoef het. Dit was Petrus en Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus seun van Alfeus, Simon die Seloot en Judas seun van Jakobus. Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed saam met ‘n aantal vroue, onder wie ook Maria die moeder van Jesus. Sy broers was ook by.
𝘏𝘢𝘯𝘥. 1:12-14

En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede. En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het. En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.
𝘏𝘢𝘯𝘥. 2:42-47