๐๐ฟ๐ฒ๐ฑ๐ถ๐ฒ๐ป๐ โ ๐ด ๐ ๐ฎ๐ฎ๐ฟ๐ ๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฒ
๐๐ฆ๐ญ๐ฆ๐ช ๐ฅ๐ฆ๐ถ๐ณ ๐๐ด. ๐๐ช๐ฅ๐ฆ๐ฐ๐ฏ ๐๐ข๐ด๐ด๐ฐ๐ฏ
1 Daarna het Moses en Aรคron na die farao toe gegaan en gesรช: โSo sรช die Here die God van Israel: Laat my volk gaan om tot my eer ‘n fees in die woestyn te vier.โ
2 Maar die farao het geantwoord: โEn wie is die Here nogal dat ek na Hom sal luister om Israel te laat gaan? Ek ken die Here nie, en ek sal Israel nie laat gaan nie!โ
3 Hulle sรช toe: โDie God van die Hebreรซrs het Hom aan ons geopenbaar. Laat ons asseblief drie dagreise die woestyn in trek om ‘n offer vir ons God, die Here, te bring, anders tref Hy ons dalk met die pes of die swaard.โ
4 Maar die koning van Egipte het vir hulle gesรช: โMoses en Aรคron, waarom hou julle die volk van hulle werk af weg? Gaan terug na julle werk toe!ย
5 Julle mense is alreeds te veel en nou wil julle hulle ook nog laat ophou werk!โ
๐ธ๐ฌ๐ ๐ฐ๐๐ถ๐ 5:1-5
1 God het vir Moses gesรช: โEk is die Here!ย
2 Ek het aan Abraham, Isak en Jakob verskyn as God die Almagtige, maar my Naam, die Here, het Ek nie aan hulle bekend gemaak nie.ย
3 Tog het Ek my verbond met hulle gemaak, naamlik om die land Kanaรคn aan hulle te gee, ‘n land waarvan hulle nie burgers was nie.ย
4 Ek het die gekerm van die Israeliete, wat deur Egipte verkneg word, duidelik gehoor en Ek het aan my verbond gedink.ย
5 Daarom moet jy vir die Israeliete sรช: Ek is die Here. Ek sal julle van die dwangarbeid van Egipte bevry. Ek sal julle van die verknegting verlos, Ek sal julle vrymaak met mag en met groot reddingsdade.ย
6 Ek neem julle aan as my volk en Ek sal julle God wees. Dan sal julle besef dat Ek, die Here, julle God is wat julle van die dwangarbeid van Egipte bevry.ย
๐ธ๐ฌ๐ ๐ฐ๐๐ถ๐ 6:1-6
1 Maar die Here antwoord hom: โKyk, Ek gee aan jou gesag oor die farao, en jou broer Aรคron sal jou woordvoerder wees.ย
2 Alles wat Ek jou beveel, moet jy aan jou broer Aรคron oordra, en hy moet dit vir die farao vertel sodat hy die Israeliete kan laat trek uit sy land uit.ย
3 Maar Ek sal die farao hardkoppig maak, sodat Ek baie tekens en wonders in Egipte kan doen.ย
4 Hy sal wel nie na julle luister nie, maar dan sal Ek Egipte my mag laat ervaar: met groot reddingsdade sal Ek die stamme van my volk Israel uit Egipte bevry.ย
5 As Ek Egipte tref, sal hulle besef dat Ek die Here is, en dan sal Ek Israel tussen hulle uit laat trek.โ
๐ธ๐ฌ๐ ๐ฐ๐๐ถ๐ 7:1-5
14 anders gaan Ek jou hierdie keer met ‘n groot ramp tref en ook jou amptenare en jou mense. Dan sal jy besef dat daar op die hele aarde niemand soos Ek is nie.ย
15 Na regte moes Ek nou al my hand uitgesteek het en jou en jou mense met ‘n pes van die aarde af uitgewis het.ย
16 Daar is net een rede waarom Ek jou nog laat lewe, en dit is dat Ek jou my mag kan wys en my Naam daardeur oor die hele wรชreld geroem kan word.
๐ธ๐ฌ๐ ๐ฐ๐๐ถ๐ 9:14-16

