๐๐ฟ๐ฒ๐ฑ๐ถ๐ฒ๐ป๐ โ ๐ญ๐ณ ๐ ๐ฒ๐ถ ๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฒ
๐๐ฆ๐ญ๐ฆ๐ช ๐ฅ๐ฆ๐ถ๐ณ ๐๐ด. ๐๐ช๐ฅ๐ฆ๐ฐ๐ฏ ๐๐ข๐ด๐ด๐ฐ๐ฏ
Op pad na die einde
13Die bloed aan die huise waarin julle is, sal ‘n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie.
14โHierdie dag moet vir julle ‘n gedenkdag wees. Julle moet dit as ‘n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit ‘n vaste instelling wees wat hulle moet vier. 15Sewe dae lank moet die brood wat julle eet, ongesuurde brood wees. Reeds op die eerste feesdag moet julle ontslae raak van suurdeeg in julle huise, want elkeen wat in die sewe dae gewone brood eet, moet van Israel afgesny word. 16Op die eerste en die sewende dag moet daar ‘n gewyde byeenkoms wees. Op hierdie dae mag geen werk gedoen word nie, behalwe dat vir elkeen iets te ete voorberei kan word.
๐๐ฌ๐ด๐ฐ๐ฅ๐ถ๐ด 12:13-16
1Die Here het vir Moses gesรช: 2โSรช vir die Israeliete hulle moet elkeen vir My ‘n offergawe bring. Julle moet die offergawes aanvaar soos dit vir My aangebied word, 3en wel die volgende: goud, silwer en brons; 4verder ook nog blou, pers en bloedrooi wolstof, linne, bokhaar, 5rooigekleurde ramsvelle, gebreide velle en doringhout; 6olie vir die lampe, balsem vir salfolie en vir geurige wierookoffers; 7oniks en ander halfedelstene waarmee die skouerkleed en borssak van die hoรซpriester versier kan word.
8โHulle moet vir My ‘n heiligdom oprig dat Ek tussen hulle kan woon. 9Die tabernakel en al sy toebehore moet gemaak word presies volgens die plan wat Ek jou gewys het.
๐๐ฌ๐ด๐ฐ๐ฅ๐ถ๐ด 25:1-9
34’n Wolk het die tent van ontmoeting oordek, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul. 35Moses kon nie in die tent van ontmoeting inkom nie: die wolk was daarin, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul.
36Later het dit so gegaan: wanneer die wolk van die tabernakel af voor die Israeliete uit wegtrek, het hulle agter die wolk aan versit. 37As die wolk nie weggetrek het nie, het hulle daar gebly totdat dit wel weggetrek het. 38Die wolk van die Here was bedags ‘n wolk oor die tabernakel en snags het dit ‘n vuur daarbo-oor geword.
๐๐ฌ๐ด๐ฐ๐ฅ๐ถ๐ด 40:34-38

